Check hom

Vat vyf! Week 16 van 2017 – Hlaudi Motsoenobody, Huffinngton Poop en Brian Molefe

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Jy weet as jy lekker sit en gesels en beide jy en die ander persoon tel ‘n reukie op wat defnislis ‘n teken is dat iemand in kak getrap het en jy prewel saggies ‘n gebedjie dat dit nie jy is nie, maar dan voila, daar sit die evidence onderaan jou skoen? Dis plus-minus die gevoel wat mens het nadat Hlaudi Motsoeneng, voormalige misdryfshoof van die Es-Eina-Bee-See besluit het hy was nou lank genoeg uit die kollig gewees en daarom het hy hierdie week ‘n perskonferensie gehou om hangende sake uit te klaar. Kyk, ou Rooi-oog is redelik selfversekerd hy gaan vrygespreek word na sy komende dissiplinêre verhoor en dat hy weer in sy pos aangestel sal word. Die kamer waar die media toegespreek is was vol Hlaudi ondersteuners wat blykbaar die hele tyd hande geklap het en gejuig het as hy sy bek oopgemaak het. Van hulle het selfs CDs saamgebring van ‘n album wat aan hom opgedra is, maar blykbaar was 90% van die CD ‘n pot kak.
2) Gepraat van 90%… het jy geweet dat 90% van die land se rykdom in blanke besit is? En dat wit mans 97% van die Johannesburgse Aandelebeurs besit? Dit en ander “feite” het aan die lig gekom in ‘n omstrede blog deur ‘n ene Shelley Garland wat deur Huffington Post geplaas is. Die kanse dat jy ‘n eerlike ANC-minister gaan kry is groter as dat jy en Shelley Garland saam ‘n koppie tee gaan drink. Want sien, Shelley bestaan nie. Sy is so fiktief soos diep Kurt Darren lirieke. Die blog is eintlik deur Marius Roodt geskryf. Wie hy? Wel, ‘n fokken nobody. Die 37-jarige navorser het gedink dit sal pret wees om te sien of Huffington Post die blog sal plaas waarin hy aanbeveel dat wit mans hul regte om te stem ontneem word vir tussen 20 en 30 jaar ten einde die ongeregtighede van die verlede reg te stel. Eers het Verashni Pillay, die redakteur van Huffington Post, die blog en die plasing daarvan verdedig. Maar toe sy agterkom daar is meer feite agterop ‘n Smartie-boksie, het sy vinnig teruggekrabbel en gesê dat dit vir haar hartseer is dat dit onder haar leiding gebeur het. Dankie Verashni. Als ok. 82% van alle blanke Suid-Afrikaners het jou reeds vergewe. Nee genuine.
3) Die EFF het weer ‘n beroep gedoen op die Suid-Afrikaanse regering om Die Stem-gedeelte uit die nasionale volkslied te verwyder. Dit in dieselfde week waarin die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan-beraad in Midrand in chaos ontaard het toe geweld uitgebreek het en ANC-lede verrigtinge ontwrig het. Een raadslid is met ‘n baksteen teen die kop geslaan en ‘n EFF-lid het ‘n moerse sny aan sy kop opgedoen. Niemand weet waar die aanval op die EFF-lid vandaan gekom het nie, maar dit kon uit die blou van onse hemel gewees het… selfs uit die diepte van ons see…

4) Die DA het die Openbare Beskermer gevra om ondersoek in te stel na die goue handdruk wat Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, ontvang het. Nadat hy slegs 18 maande aan die stuur van sake was, het hy R30 miljoen ontvang as ‘n tjeers-vir-eers. Daai is nie ‘n goue handdruk nie pappa. Dis ‘n goue blowjob. Die belastingbetaler word droog gesuig, maar Molefe kry die happy ending.

5) Die buzz frase op almal se lippe is Radical Economic Transformation (RET). Adjunk-president Cyril Ramaphosa het die term op ‘n sake-dinee deur die Black Business Council rondgegooi en aangedui dat mense maar verlief daarmee moet neem. Dit gaan gebeur en dit gaan vinnig gebeur. Alhoewel ek tot ‘n mate die meriete van so iets kan insien as dit sal dien as ‘n aanduiding van hoe die regering al vir 23 jaar rondtos, het ek ook my bedenkinge. Want RET nou ‘n volk en RET nou ‘n nasie met sulke baantjies vir boeties.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 16 van 2017 – Hlaudi Motsoenobody, Huffinngton Poop en Brian Molefe
    Check hom

    Jude Law kan nogal ‘n pous wees as hy die dag lus is…

    In Snotstories deur griffinRek jou bek

    Jude Law se gesig pla my vreeslik vandat ek geweet het wie Jude Law is en ek weet nie hoekom dit my pla nie. Dis nie asof hy ‘n moer-my-gesig het nie. Hy het nie, right? Dalk eerder die tipe gesig van daai Vereeniging hoërskoolkonte wat laerskool laities se wiele in die fietsloods afblaas. Daai tipe small-time criminal wat kak aanjaag en nooit gevang word nie en somehow altyd opeindig om eerste al die hot girls met probleme te broeknaai. Dit het my tot só ‘n mate gepla dat ek vanoggend ‘n vinnge steekproef op Twitter geloods het om te check wat die gevoel onder die gooses van is:


    Dit wil voorkom of die mense bloot skiem dat hy maar average of meh is, gevolg deur ‘n groepie wat dink dat hy nogal creepy is en in die laaste plek is presies daai groepie hot girls met probleme wat so baie op skool gebroeknaai het wat skiem dat hy kakwarm is. En ek dink dis presies daai mix van perception wat Jude Law ‘n befokte akteur maak. Check, ek hoef nie sy gesig te like nie – die man het fokken talent, there is no two ways around that. Hy is al tweekeer benoem vir ‘n Oscar en driekeer vir die Golden Globes awards. Daai gesig van hom wat my so pla is juis wat hom so perfek uitgeknip maak vir rolle waarin hy so excel. Hy bied heelwat meer as byvoorbeeld ou deadpan, Keanu Reeves – ‘n man wat smaak om die Razzies in te ryg. Vir die die wat nie weet nie – ‘n Razzie is nie ‘n goeie ding nie, hoor? Dis die Phil Collins van acting (fok, ek haat Phil Collins).

    Toe ek verlede ontdek dat Jude Law in ‘n splinternuwe reeks op Showmax genaamd The Young Pope te siene is, was ek like: “Ag jissis, daar lyk hy nou soos ‘n opperste doos op die poster. Ek MOET dit eenvoudig kyk, want die man is ‘n donnerse goeie actor. Netnou mis ek uit”.
    Maar fok, ‘n storie oor die Rooms Katolieke Kerk? Regtig? Ek weet nie eers waddefok aangaan in ons local Afrikaanse kerke nie. So, baie dinge gaan probably bloot verlore raak op my omdat die verwysingsraamwerk ontbreek.
    BORING!
    En toe druk ek in elk geval play. Toe vat die storie my…
    The Yong Pope is ‘n half donker, half komiese satire oor die interne werkswyse van al die kak agter die Vatikaan se misterieuse, geslote deure. As jy nie spesifiek vertroud is met wat de pous die pous se verhouding in werklikheid in Italiê is met die Katolieke Kerk nie, gaan jy dalk hier en daar ‘n innuendo of twee mis, maar nie te veel nie. Goed het maar ‘n manier of hulleself te reveal of effens duideliker te maak, so jy sal nie te veel mis nie. Ek dink MTV (kan jy dit fokken glo?) het Jude Law se karkater dalk die heel beste opgesom: “The young pope is a hot, petulant asshole – and it’s jude law at his best” – dis nogal rof. Noem my eerder ‘n poes maar moet my nie ‘n “hot, petulant asshole” noem nie. Maak nie saak hoe hot en onweerstaanbaar ek vir jou is nie. Ek weet dis moelik. Vang ‘n koue stort.  Snaaks genoeg is dit hoe ek Jude Law buite sy rol ook sou opsom. Sonder die ‘hot’ gedeelte, natuurlik.
    Maar kom ons los my vooroordeel vir Jude Law in die regte lewe eers by die voordeur en fokus op die storie self. The Young Pope gaan oor Amerika se eerste pous, Lenny Belardo, wie se hippie ouers hom op ‘n jong ouderdom by kerk se weeshuis gaan drop het soos ‘n sak aartappels. Hierdie goor back story speel by the way ‘n groot rol in sy volwasse lewe maar jy kan dit self uitfigure as jy die reeks begin deurwerk. Hy is as pous gekies omdat die Vatikaanse se weergawe van Malusi Gigaba (in sy vorige rol in ons doeltreffende parlement #blessed), kardinaal Voiello, geskiem het dat Lenny sy puppet gaan wees. Amper soos daai hand-in-die broek-verhouding tussen Zuma en Atul Gupta. Die kardinaal kan egter gaan kak, want Lenny is nie so deur die kak soos Jacob Zuma nie. Pous Poes begin ‘n spannetjie aanmekaarsit wat onder andere Sister Mary (Diane Keaton) insluit. Sy het hom toevallig grootgemaak in die weeshuis. Lenny (die pous) kom ook agter dat Laerskool Rissiville in Vereeniging se leuse, “Kennis is Krag” nogal waarde inhou – hy recruit sy confessor, Don Tommaso, om almal sy “dear father, forgive me for I have sinned”-stories na hom toe aan te dra soos ‘n klikkiebek. In die meantime sit die jong pous met ‘n gewraakte aartsvyand, Kardinaal Spencer – sy mentor wat actually poesgraag pous wou geword het.
    Hoe is daai vir intrige sover, huh? Fokkit, die kerk is toe nie so boring soos wat ons gedink het nie! But wait, there is more! Pous Lenny het ‘n moerse ego. Hy like mense fokol, hy is kleinlik, afvallig, slinks en ‘n hoogmoedige kont. Hy verklaar onbeskaamd oorlog teenoor diegene wat hom teenstaan en fok almal op wat in sy pad staan en sy nefarious doelwitte bedreig en hy doen dit met psigologiese precision. Fok, even sy “ma” moet eventually aanspreek as ‘Holy Father’ in plaas van die Lenny wat sy grootgemaak het. Ek het aanvaklik gedink dat die reeks nogal uitlig hoe faktap die meeste gelowe kan wees maar dit strek eintlik dieper as dit. Hierdie storie gaan oor magbeheptheid en die gevolge of moontlik die gebrek aan gevolge as gevolg magsbehepteid. Dis fokken entertaining en by dele belagliks snaak. Tot jy agterkom dat The Young Pope eintlik enige van die volgende ouens ook kon gewees het:
    Trump, Korea se dooskop, Jacob Zuma, Hlaudi Motsoeneng – al die magbehepte leiers waarmee ons ongelukkig opgeskeep sit. Feitlik orals.

    Maar hey, The Yong Pope is cool. Hy drink Cherry Coke vir brekfis en rook skywe – sommer daar smack bang in die heilige Vatikaan. En as jy tot by die laaste episode kyk, vermoed ek dat daar ‘n goeie kans is dat hy naai ook. Die reeks het immers ‘n 18SNL rating. Jy gaan jou dinkhoedjie moet opsit vir hierdie ene. Dis nie Anaconda nie.

    The Young Pope is vars beskikbaar op Showmax. Sign hierso op vir jou eerste free 14 dae as jy nog nie het nie.

    Deel met jou tjommies!

      griffinJude Law kan nogal ‘n pous wees as hy die dag lus is…
      Check hom

      Witchfest 2017 – SA se metal scene word gesond gehou met ‘n Devildriver inspuiting

      In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

      Ek was nou al by ‘n hele paar Witchdoctor Production shows maar hierdie was die eerste Witchfest wat ek bygewoon het. Ek het nog nie eens Big H se fotos gecheck nie maar ons het albei geweet na Vrydag dat dit weer tyd is om bietjie kragte saam te snoer en die metal fans wat dit nie kon maak nie so bietjie te treat. So metal show inspire al die regte donker kreatiewe dele in jou brein. Big H se fotos lyk anyway altyd soos Pulitzer Prize materiaal. Maar ek is nogal bekommerd oor die metal scene in SA partykeer. Mens sien nie so gereeld as wat mens sou wou international metal bands op African soil nie en as ek so na die toestand van music festivals in general kyk (wat een vir een begin afkak of downscale) wonder ek hoekom ‘n meer niche scene soos hierdie nie al lankal ‘n total casualty geword het nie. Ek vermoed dit het iets te doen met metalheads se undying loyalty en passie – en hulle is fokol fussy wat fancy venues aanbetref nie.

      Ek gaan nie baie na die underground local metal gigs toe nie so my vinger is nie heeltyd op die pols van die ondier se klanke nie. Ek sal vir seker meer probeer gaan, so tussen al die ander genres wat ek ook love. Ons almal weet ook die swak ekonomie en die volatile Rand fok ons six love op. So mens kan ook nie by alles uitkom nie. Die effek van SA se credit rating downgrades gaan nog in die toekoms gevoel word. So om ‘n nog meer diverse international bill te verwag of te demand by Witchfest 2017 is op hierdie stadium van die geveg onrealisties en onregverdig. Jy kan die metal event organisers op jou een hand tel en die fans (in Gauteng at least) kan about net-net by ‘n packed Bassline inpas.

      But one must give credit where it is due. Die organisers van Witchfest 2017 het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt ten spyte van al die challenges in Zuptaland. Al die bands op die bill wat ek gesien het was van hoë gehalte en die sound was weer Tinitus-hard-in-die-ore en antidoofstom duidelik. Not so much die volgende dag. Tsweeeeeeeee! Jirre my arme ore! Decibel overdose ten spyte van die ouballie oorpluisies wat ek gedra het.

      Ek het eers vieruur daar opgepitch want daar is geen manier dat ek vir twaalf ure straight sou kon regopsit in die rystoel en headbang nie. Maar ek het net ingerol en die bras van Boargazm het my alreeds laat tuisvoel. Pretoria VarkingZefMetal! Die Ruimtevarkies het ‘n slightly beter set gejol as toe hulle vir Fear Factory geopen het en ja hulle jokes is nog steeds so Wolmer soos altyd. Ha! Ek hoor hulle is besig met daai nuwe album van hulle. Kan nie wag nie! Maar net toe ek een word met die alien varkgevrete se snorkkrete (en dinge begin varksig raak) was die set verby. Van harde varktril na slap spekriempie in net onder ‘n minuut na die 45 minute timeslot verby is! Ek dink dit was about die enigste downside van die aand. Die vroeëre bands se kort sets. But then again, vir mense wat nie al die bands so goed ken nie, gee dit lekker wye exposure tot ‘n variety metal bands in een dag en as jy dink die donker metal met growling vocals is alles net een genre dan moet jy nou mooi oplet in die klas. Ja, inderdaad Strepsil metal (ek besit die kopiereg op daai uitdrukking) het mos verskeie vertakkinge. Sacrifist, daar uit die donker dieptes van Sodomhannesburg, byvoorbeeld, is melodic death metal met ‘n vocal emphasis op growling. Wat die guitaring aanbetref kan jy dit maklik misgis met van die old school bands soos Judas Priest of Metallica. Wrust is ‘n all black metal band. Nee ek bedoel nie genre nie. Dis swart bras van Botswana af. En dit was nie die enigste band met net net swart lede nie. Vroeër die dag het Demogoroth Satanum ook gespeel. Hulle is daar van Soweto af. I shit you not! Ek het hulle al live gesien voorheen en hulle is nog bietjie onervare maar die laaities is op die regte hoofweg hel toe. Hulle verf hulle gesigte so wit en byt bloedkapsules en allerhande onheilige dinge. #vampireface. Jirre, ek sal graag hulle ouers wil interview. Hulle kort ‘n medalje vir hulle parenting. Hulle Oumas dink seker die kinders is getoor deur ‘n sangoma. Of benodig decolonisation.

      Anyways, Wrust val baie in dieselfde genre as Sacrifist en hulle is ook al jare in die scene. Dedicated metalheads van Gaborone. Ja, daar gaan daai stereotipe dat net wit Arieërs hierdie tipe musiek kan maak. No forced transformation here. Just metalheads loving metal. Wat van ‘n bietjie female growl vocals? I give you Theatre Runs Red! Lekker Durbs! Segen Vader Skottelgoedkas maak de duiwel aan zijn agterpoot vas. Jy weet daai bose orgies wat Rodney Seale jou van vertel het op skool? Dis hoe hierdie band klink. Blackened black metal. Goeie fok,hierdie metal is so boos hulle moes dit twee keer swart verf! Net om ekstra seker te maak dit trek die ondier se aandag. Maar hulle verf hulle gesigte ook soos King Diamond s’n. Baie goth nogal. Net met vuiste in die lig op die maat van tribal occultic chants. Dis amazing hoe die band die crowd kan intrek en die moshpit verander in ‘n kolkende ritueel. Gekontroleerde semi-chaos. Nie my koppie bokbloed nie maar dis iets om te beleef.

      Dis grense tussen international en local bands was moeilik te bespeur Vrydag. One for Sorrow het mooi in my smaak geval, so mix tussen Godsmack en Pantera. Post-grunge groove metal met ‘n bietjie rap-growl vocals. En hulle is glad nie bang om polities te raak nie. Ek het geskiem hulle kom van SA af maar actually is hulle van die fokken UK af. London, yeah? Underfoot was netjies opgedra aan ons geliefkoosde President. Zombies ate my Girlfriend van Slaapstad, nog ‘n melodic death metal band, was nog minder bang om polities te raak. Hulle het bietjie punk in hulle musiek as jy fyn luister. Die lead singer dra so The Trooper outfit en die een guitarist lyk soos die lead singer van daai Griekse black metal band wie se naam ons nie mag uiter nie – of dalk lyk hy soos Liewe Jesus. Liewe Jesus mag maar kitaar slaan. Befokte band hierdie. Anarchy in the RSA! Hulle het ‘n cover van Sex Pistols se classic song gedoen maar obviously net getweak vir local doeleindes. Die moshpit is seker by verre die gesondste manier om te protest teen Zuma. Moshers raak van al hulle stress ontslae en kry broodnodige oefening. Bygesê teen daai tyd was die moshpit al erg gavaarlêk en tjatjarag. Bloody agênts.

      Mantar van Hamburg het die hele kruiwa vol kopbene weer kom omgooi. Dis net twee bras en hulle het die drumset en die mic dwars teenoor mekaar op die verhoog opgestel. Dit het ‘n baie internalised atmosfeer geskep en die crowd was bietjie mindfucked. Sludge metal? Glo my, dis ‘n moerse interesting band al het hulle die moshers se spoed gebreek vir ‘n rukkie. Dis actually ‘n band wat jy stilstaande met aandag moet inneem. Die lead singer/guitarist is so lang maer fokken Duitser wat wydsbeen staan en oorleun as hy growl na die mic toe. Soos ‘n goblin wat reg staan om aan te val. Hy kan ‘n kitaar laat bloei, hou nogal baie van die word ‘masepoes’ en ruk met tye erg Cobain/Hendrix met sy feedback. Dis essentially doom metal, old school riffs gemeng met hardcore punk en slight progressive rock elements ook by. Die drummer is ook fikser as jou average percussionist. Nog nooit so iets gesien in my dag ter lewe nie. Hulle set het aan die einde bietjie lank geraak maar dit was nog ‘n bucket list experience vir my.

      En dan die headliners! Devildriver! Van Californaaaaiyeaaah! Hulle is meer groove metal as black metal vir my. Probably die band wat die crowd die meeste aan die gang kon kry. The spirit of Dimebag Darrel lives on! Die vocalist weet net hoe om met die donker kinders van die nag te connect en hulle in te trek in die musiek in. Granted, die fans ken die band se musiek fokken goed, maar hy het die moshpit ook sonder enige moeite amper half magies beheer. Master of Puppets! Sy vocals self was nie vir my meesterlik nie maar maybe was dit ‘n geval van ‘na al die quality bands was my expectations net daai bietjie ekstra te hoog’. Of dalk was dit daai weird walkie talkie mic van hom. Needless to say, dit was een van die beste metal acts wat ek nog gesien het. Daai drummer! Jirre, hy is briljant, but then again so ook die guitaring. Tight band met ‘n onstage presence wat jy nie sommer uit enige dodgy metal club kan gaan haal nie. Die beste manier om die aand af te sluit!

      Ek is elke keer na so show minder bekommerd oor die metal scene in SA maar wie weet wat die toekoms sal hou? Big up vir al die mense wat dit aan die gang hou! Respect!

      Deel met jou tjommies!

        RolbeesWitchfest 2017 – SA se metal scene word gesond gehou met ‘n Devildriver inspuiting